Welkom by

Ifafi Kleutersentrum

 

ALGEMENE INLIGTING

 

MEER OOR ONS

 

DAGPROGRAM

 

GALLERY
ALGEMENE INLIGTING:
Kontak: Annelien Steyn Fisiese adres: Ifafi Kleutersentrum
Boemcrescent South 16, Ifafi, Hartbeespoortdam
Email: annelien.steyn@telkomsa.net
Telefoon: (012) 2591 604 /
084 400 2638
Ouderdomsgroepe: Peuters (1-2jr en 2-3jr) asook Kleuters (3-4jr en 4-5jr) sowel as Graad R (6jr)
Besigheidsure: 06h00 - 18h00 (Ma - Vr)
Toe op Publieke Vakansiedae
Kaart: Kliek hier

tot bo

MEER OOR ONS:
Ifafi Kleutersentrum is ‘n geregistreerde kleuterskool in Ifafi, Hartbeespoort wat voldoen aan alle regulasies.  Die skool se leuse is “die kleuter is die toekoms” .  Gedurende die afgelope 30 jaar van die skool se bestaan het ons al baie kinders onderrig en opgevoed wat vandag as volwassenes baie suksesvol is.  Ons dank die Hemelse Vader vir die talent en bid vir insig en krag om dit vir nog soveel jaar voor te sit.

Ons huisves beide peuters (1-2 jr en 2-3 jr groepe) asook kleuters (3-4 jr, 4-5 jr en Graad R).  Alhoewel ons onderrigmetode informeel is, vind dit binne ‘n gestruktureerde dagprogram plaas waar die klem op die totale ontwikkeling van die kleuter val.

Daar word baie aandag gegee en tyd ingeruim vir : Grootmotoriese ontwikkeling, Fynmotoriese ontwikkeling, Kognitiewe ontwikkeling, Perseptuele ontwikkeling en Sosio-emosionele ontwikkeling.  Waarneming en assessering vind deurlopend en volgens die ontwikkelingstadium van elke jaar groep plaas.  Ons Graad R-leerder volg ‘n volledige stap vir stap program vir die grondslagfase en is gebaseer op die hersiene nasionale kurrikulum verklaring.

Ons leerders word ook volgens hierdie kriteria soos voorgeskryf deur die Departement van Onderwys geassesseer.

Ifafi Kleutersentrum se personeel bestaan uit gekwalifiseerde oggend personeel asook goed uitgesoekte middag personeel wat in toesighoudende posisies aangestel is.  Ons affilieer jaarliks by die VVOS om op datum te bly met nuwe kursusse en die nuutste ontwikkeling in kinderopvoeding.  Kenmerkend van ons juffrouens is hul liefde vir kinders en bereidwilligheid om meer te gee as wat van hulle verwag word.

Ons is gelukkig om ‘n baie groot terrein te hę. Elke klas / ouderdomsgroep het hul eie speelgrond toegerus met klimrame, swaaie, sandputte en baie koelte.  Ons is skoolvakansies oop en sluit net die die laaste week in Desember en die eerste week in Januarie.

Ons kleuters word blootgestel aan ‘n verskeidenheid instappies (Poppekas, FANSA besoeke (ambulans) ens) asook kwartaalikse uitstappies vir die 3-6 jariges (Pretoria Dieretuin, Tvl Museum, die plaas ens). 

Kleuters kan ook by ‘n verskeidenheid buitemuurse aktiwiteite inskakel wat in skooltyd aangebied word naamlik karate, playball, swem, dans, rekenaars en musiek.  Hierdie aktiwiteite is opsioneel en word deur die afrigters self geadministreer.

Ons passie is kinders en op ‘n speel-speel manier word hulle formeel onderrig.  By ons is die pret om skooltoe te kom.

tot bo

ONS DAGPROGRAM LYK SOOS VOLG:
06:45 – 07:50    Aankoms en Vryspel
07:50 – 08:00    Opriumroetine
08:00 – 08:15    Ontbyt (Mieliepap, Maltabella of Oats)
08:15 – 08:30    Toiletroetine
08:30 – 08:40    Registerkaart, Weerkaart en Nuus
08:40 – 08:50    Temabespreking, Taalontwikkeling, Wetenskap en Persepsie
08:50 – 09:35    Kunsaktiwiteit - Teken, Verf, Kollage, Knip, Plak, Deeg, Konstruksie en Bak en Brou
(Hier word veral klem gelę op die aanleer van fynmotoriese vaardigheid en die bemeestering daarvan bv. Korrekte potloodgreep en skęrhantering.)
09:35 – 09:40    Opruimroetine
09:40 – 10:00    Beweging – of Musiek les
10:00 – 10:10    Toiletroetine
10:10 – 10:20    Tee en Broodjie Tyd (Rooibos tee met Marmite, Konfyt of Grondboontjie botter broodjie)
10:20 – 10:50    Buitespel
                        Sandspel, fantasiespel, klim en klouter, waterspel, bewegingsaktiwiteite
10:50 – 11:00    Toiletroetine
11:00 – 11:15    Storie Tyd en Sterretjie Tyd
11:15 – 11:30    Pak Tasse
11:30 – 12:00    Middagete (Gebalanseerde Ete wat bestaan uit 1 Proteien, 1 Stysel, 2 Groentes en 1 Vrug)

Spyskaart is beskikbaar

12:00 – 14:30    Kleuters en Peuters het vasgestelde rustyd
                        Middel en Graad R groepe: rustige spel binne of buite
14:30 – 14:40    Toiletroetine
14:40 – 15:00    Koeldrank en Broodjie Tyd (Koeldrank met Marmite, Konfyt of Grondboontjie botter broodjie)
15:00 – 15:15    Pak tasse en Opriumroetine
15:15 – 18:00    Buitespel en Huistoe gaan tyd

tot bo

GALLERY:

tot bo

Ifafi Nursery School, Ifafi Kleuterskool, Ifafi, Hartbeespoortdam, North West